Website designed by
 
  can be addressed to
 
 Copy right © 2010  All rights reserved.
Malta Ranch maak voorsiening vir gerieflike akkommodasie wat in elkeen se smaak sal val. 'n Maksimum van 8 persone kan gehuisves word. Die jagtershuis bestaan uit twee slaapeenhede, ingerig met vier beddens elk asook 'n en-suite badkamer. 'n Gesellige woonvertrek met goed toegeruste kombuisgeriewe skei die twee slaapeenhede. Beddegoed en handoeke word voorsien, asook eetgerei en kombuisware. Geen skoonmaakdienste word verskaf tydens jagtog nie om sodoende meer privaatheid en rustigheid te verseker. Skoonmaakmiddels sal egter voorsien word. Hout sal daagliks voorsien word by die braaiarea. Vullis word op 'n gereelde basis verwyder. Belangrike Inligting : - Die wooneenheid is toegerus met sonkrag en   alle warm water word voorsien deur 'n donkie - Geen troeteldiere word toegelaat nie